Verskeie stede in Oekraïne lê in puin. Rusland word van kernterreur beskuldig ná 'n aanval op 'n kernaanleg. Multichoice en SANEF reageer intussen op die feit dat daar wêreldwyd geen toegang is tot die Russiese TV-nuuskanaal, Russia Today. Inwoners van Aberdeen, Nieu-Bethesda en Klipplaat word gevra om hulle drinkwater te kook voor hulle dit gebruik. Op Wêreld Vetsugdag waarsku die Wêreld Gesondheidsorganisasie dat 340-miljoen kinders in die wêreld oorgewig is.