Die meeste Metrorade en munisipaliteite landwyd sal deur koalisies bestuur moet word. Ons kyk na die voor- en nadele hiervan. Ons vind uit hoe politieke partye met mekaar onderhandel om koalisies te vorm. 'n Nuwe klimaatsooreenkoms blyk baie meer bereikbaar te wees as die Parys Klimaatsooreenkoms. ‘n Belangrike wetswysiging in die stryd teen misdaad, word goedgekeur. ‘n Oudparlementslid deel sy indrukke van die verkiesingsuitslae en wat dit vir die 2024-verkiesing beteken. Die waterprobleme in die Umgeni Munisipaliteit moet dringend opgelos word.