Twee verdagtes verskyn môre in die landdroshof op Senekal in verband met die moord op 'n jong plaasbestuurder. 'n Voormalige kabinetsminister sê wetgewing om skenkings aan politiek partye bekend te maak, moet nóú in werking tree. Die prys van petrol en diesel sal om middernag môreaand daal. Twee jagluiperds is vanoggend vrygelaat in die Rietvlei Natuurreservaat in Pretoria. Die Amerikaanse president, Donald Trump, word na verwagting vandag uit die hopsitaal ontslaan waar hy vir Covid-19 behandel word.