Die NVG-hoof ontken dat daar probleme by die vervolgingsgesag is nadat die hoof van die onafhanklike ondersoekdirektoraat bedank. Vyf-en-sestig mense word steeds vermis nadat hulle vir R17,000 elk verkoop is. 'n Ethiopiese burger is intussen in Gauteng hegtenis geneem vir mensehandel. Suid-Afrikaners bly vasskop teen Shell se planne om seismiese opnames aan die Oos-Kaap se Wildekus te doen. Die ongeluk wat vier lewens eis in die aanloop tot Netbal Suid-Afrika se nasionale kampioenskap, laat diep wonde op oorlewendes. Ons hoor hoe lank dit nog gaan reën oor groot dele van die land.