Die name van parlementslede wat op die ad hoc-komitee sal dien oor die lot van die Openbare Beskermer, is bekendgemaak. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns sê dit is kommerwekkend dat Afrikaans se waarde klaarblyklik deur die Universiteit Stellenbosch gering geskat word. Egipte en Soedan blameer Ethiopië vir die voortslepende dooiepunt in samesprekings oor die bou van die Renaissance-dam in die Nylrivier. Afrika-staatshoofde vergader oor die onrus in Mosambiek se Cabo Delgado-streek.