Volgens die regering het duisende mense reeds hulle digitale inentingsertifikate ontvang. Ten spyte van klagtes dat die stelsel nie werk nie, sê die regering die proses is blitsvinnig. Politieke partye reageer op die skorsing van Polisiekommisaris Kehla Sitole. Die voormalige Wes-Kaapse kommissaris Lennit Max deel sy mening. 'n Omgewingsbeawaringsbeampte van Noordwes, en die eienaar van 'n sekuriteitsmaatskappy is in hegtenis geneem omdat hulle na bewering 17 renostershorings vervoer het.