Die Suid-Afrikaanse nasionale weermag verskuif sy fokus van wetstoepassing na hulp verlening; Bibberkoue weer word vir groot dele van die land voorspel.... Die regering sê Suid-Afrikaners moet 'n ernstige gedragsverandering ondergaan met betrekking tot die gebruik van alkohol; en Hooggeregshofregters in Pretoria hoor vandag die aansoek van die Fair Trade Independent Tobacco-vereniging aan. Hulle voer aan dat die verbod op die verkope van onder meer sigarette onwettig is....