Die bestuurshoof van NEDBANK, Mike Brownstead, het voor die Konstitusionele hersienings kommissie getuig dat as artikel 25 van die grondwet verander word, dit tot 'n krisis in die banksektor sal lei. Brownstead sê die wetgewing maak reeds voorsiening vir grontonteiening sonder vergoeding. Nedbank het ook vroeër op 'n vraag deur 'n kliënt gesê dat die persoon steeds verantwoordelik sal wees vir die lenings verbonde aan sy eiendom, as sy grond onteien word. Michael Lombard, 'n prokureur in grondsake en krediet-wetgewing, sê dit is egter nie heeltemal waar nie..