Ondersoeke om vas te stel of 'n soort plastiek-etende swam die antwoord is tot die wêreld se plastiekbesoedelingsprobleem, is tans aan die gang. 'n Verslag wat deur die Londonse Kew Gardens gepubliseer is, beweer daar bestaan 'n soort swam wat plastiek binne weke, in plaas van jare, kan afbreek. Die swam genaamd "Aspergillus tubingensis" is die eerste keer in Pakistan opgemerk. 'n Omgewingskundige Prof Juaneè Cilliers, van die Noordwes Universiteit se Potchefstroom kampus, sê die wêreld kort dringend 'n oplossing tot ons plastiekbesoedelings probleem