Die minister van Omgewingsake, Bosbou en Visserye, Barbara Creesy erken dat daar probleme met die gehalte van die lug in Mpumalanga is. Dit volg na 'n aansoek in die hooggeregshof deur verskeie nie -regeringsorganisasies oor die lugbesoedeling wat deur Eskom en SASOL in die hoëveld gebied veroorsaak word. Creesy sê dat die luggehalte bestuursplan tans hersien word. Bobby Peek van Groundworks, wat deel is van die hofaansoek deur die organisasies sê, Suid-Afrikaners se grondwetlike reg word geminag met die konstante lugbesoedeling in die provinsie.