Die omgewingsbewaringsgroep, Fresh, sê hy oorweeg regstappe teen diegene wat die Hennops-rivier wat deur Centurion vloei besoedel. Die rivier vloei tot in Hartebeespoortdam. 'n Groep vrywilligers van Fresh en Impact Adventures het die afgelope week van die bron van die Kaalfontein begin stap en roei al langs die rivier om te bepaal hoe erg die besoedeling is en wie daarvoor verantwoordelik is. Mense wat in Centurion bly word gereeld begroet deur groot bolle wit skuim wat op die rivier wat daar deurloop dryf. Anton Bailey van Blueswirl Herwinning het met Suzanne Paxton gepraat.