Die ANC gaan Maandag in Johannesburg 'n lastersaak teen die sanger, Steve Hofmeyer, open. Die party beskuldig hom daarvan dat hy doodsdreigemente gemaak het teen die DA se L.U.R. Phumzile van Damme, en die land se ambassadeur in Denemarke, Zindzi Mandela. Van Damme het intuSsen aangedui dat sy ook regstappe oorweeg, wat sy na die staatsrede sal hanteer. Hofmeyr se Tweet is in reaksie op rasse-opmerkings wat die vroue op sosiale media gemaak het. Marlinee Fouche berig intussen dat die sosiale media-onderonsie moontlik 'n toets kan wees vir gelykheid in die land...