Die bevindinge van die 2018 Internasionale Onderwys en Opleiding Opname, TALIS, het NOG die minister van basiese onderwys, NOG die vakbonde verbaas. Altesaam 48 lande het aan die opname deelgeneem, en Suid-Afrika was die enigste Afrika-land. Luidens bevindinge het slegs een uit vyf onderwysers 'n graad. Gebrekkige infrastruktuur en sekuriteitsprobleme, word ook lank reeds deur die vakbonde uitgelig. Hulle is keelvol, en sê die regering moet die verslag ernstig opneem....