'n Video, van 'n ontstelde jong vrou wie se bloed by die Douglasdale polisiestasie in Johannesburg getrek moet word, ontlok wye reaksie op verskeie sosiale media platforms. Die jong vroue-bestuurder word deur polisiebeamptes op 'n tafel vasgedruk terwyl hulle haar arm stilhou om haar bloed te trek en haar alkoholvlakke te toets. Die voorval het verskeie Twitter-gebruikers tot so 'n mate ontstel, dat van hulle optrede eis treen die polisiebeamptes. Maar het die polisie wel verkeerd opgetree? Marlinee Fouche het gaan uitvind.