Die minister van grondhervorming, Thoko Didiza, beoog om 'n platform en riglyne te skep, om grondhervorming en toekomstige ontwikkeling in Distrik Ses in Kaapstad te bespoedig. Didiza het die week met leiers en grondeisers van die Distrik Ses-gemeenskap vergader. Die voorsitter van die Distrik Ses-werkskomitee, Shahied Ajam, sê die minister en grondeisers wag vir die hofuitspraak oor die grondhervormingsplan om die pad vorentoe te bepaal.