Die gemeenskap van Platfontein in die Noord-Kaap is ongelukkig oor gesondheidsdienste, en versoek dat daar 'n ambulans by die kliniek moet wees, om in 'n noodgeval te help. Hulle kla ook dat die kliniek vroeër op werksdae sluit. Die meeste van die mense op Platfontein is werkloos en maak staat op staattoelaes. Die !Xun en Khwe gemeenskap sê hoewel Kimberley net 15 kilometer ver is, kan die meeste mense nie vervoergeld bekostig nie. Bert Katjorro berig.