Die vakverbond Fedusa en die United National Transport Union, kortweg UNTU, vra dat president Cyril Ramaphosa die weermag moet ontplooi om die land se spoorinfrastruktuur te beskerm. Fedusa en UNTU hou volgende Vrydag 'n landwye protesakie, om Metrorail se treindienste tot 'n stilstand te bring. UNTU se woordvoerder, Sonja Carstens, sê hulle wil ook hê die president moet die passasierspoordiens as 'n nasionale ramp verklaar.