Suid-Afrika is op die randjie om die oorlog teen renosterstropery te verloor. Dit is die mening van Lente Roode, die eienaar van die Hoedspruit Bedreigde Spesies sentrum. Roode het met Spektrum gepraat oor die vrylating van twee renosters, Gertjie en Matimba, wat wees gelaat is sewe jaar terug toe hulle ma's vir hulle horings gestroop is. Roode sê dit was 'n moeilike besluit om die diere weer in die wild vry te laat, wetende dat daar mense is wat hulle wil doodmaak vir hulle horings.