Die onlangse bohaai oor die toepassing genaamd FACEAPP wat glo beslag sou lê op al jou fotos wat jy daarop laai en ander inligting, moet selfoon gebruikers laat regopsit. Die gebruik van die toepassing wat jou laat sien hoe jy gaan lyk as jy eendag oud is, het soos 'n veldbrand onder gebruikers op sosiale media versprei, tot dit aan die lig gekom het dat die fynskrif van die toepassing die vervaardiger toegang gee tot sekere private inligting van die gebruiker. Christel van der Merwe van Mimecast, wat spesialiseer in internetsekuriteit, sê dit is goed dat die kollig op internetsekuiteit val.