Die organisasie Moms Move for Justice hou 'n optog na die Parlement. Een van die moeders van Hanover Park op die Kaapse Vlakte, Avril Andrews, sê ma's kan nie afsluiting kry nie omdat hofsake jare lank sloer. Andrews se seun, Alcardo is in 2015 vermoor en die saak word vandeesmaand weer aangehoor. Sy het aan Annelene Moses gesê sy is nie alleen in haar stryd om geregtigheid nie.