Amerikaners is in rou gedompel nadat minstens 29 mense gister doodgeskiet is in onderskeidelik Ohio en Texas. Hoewel die motief in Ohio nog onduidelik is, is die aanvaller in Texas in hegtenis geneem vir plaaslike terreur. Hy't openlik erken dat sy aanval op Spaans-Amerikaanse inwoners gemik is. President Donald Trump word intussen uit verskeie oorde gekritiseer dat hy migrantehaat aanvuur, en sodoende ook voorvalle soos die. Dit is die derde vuurwapen-voorval in 'n week in die VSA. Sewe dae gelede het 'n tiener by 'n kosfees in Noord-Kalifornië 3 mense doodgeskiet, waarna hy homself om die lewe gebring het.