'n Plaaslike kunstenaar, David Scott (beter bekend as "The Kiffness"), het gister opslae op sosiale media gemaak met 'n inskrywing op sy Facebook blad. In die inskrywing sê Scott dat indien die SAUK nie die geld wat aan hom verskuldig is betaal nie, sal hy weier dat sy musiek op enige van die uitsaaier se radio stasies gespeel word. Scott het aan Annelu le Roux vertel dat hy onlangs daarvan bewus geraak het, dat die betaling wat hy deur SAMPRA vir sy musiek ontvang het, geen bedrag vanaf die SAUK insluit nie ...