Plaasaanvalle in die Oos-Kaap is besig om toe te neem. Dit is luidens statistiek van die LUR vir Veiligheid en Vervoer in antwoord op 'n vraag van 'n DA-lid van die provinsiale Wetgewer, Bobby Stevenson. Die LUR, Weziwe Tikana, het bekend gemaak dat daar 48 plaasaanvalle die afgelope boekjaar was, in vergelyking met die 39 voorvalle in die vorige jaar. Stevenson sê drie jaar gelede het die syfer op 26 gestaan.