Vroue tussen die ouderdom van 20 en 40 se uitgawes teenoor haar inkomste, is gewoonlik 56 persent meer as mans s'n. Vroue dink ook met hulle harte eerder as met hulle koppe. Dit is volgens 'n studie wat deur 'n skuld-adviseuringsmaatskappy, Debtsafe gedoen is onder sowat 1000 respondente. 28% van vroue in die groep sê hulle spandeer hulle maandelikse inkomste op hulle afhanklikes eerder as om na hulle eie finansiële welstand om te sien. 'n Skuldadviseur van Debtsafe, Carla Oberholzer, sê dit is duidelik dat vroue se prioriteite wanneer dit by finansies kom anders is as mans s'n.