Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is besig om homself van die algemene publiek en media te vervreem deur sy vyandige optrede en is heeltemal te gemaklik met die politieke leiers in die land. Dit is die waarskuwing van verskeie militere kenners wat deelgeneem het aan 'n debat deur die parlementêre komitee van verdediging en militêre veterane. Prof Abel Esterhyse van die militêre akademie van die Universiteit Stellenbosch sê die debat het spesifiek gefokus op die verhouding tussen die burgerlike samelewing en die weermag.