Die Kaapstad Metroraad het regulasies voorgestel wat bepaal dat onbetaamlike gedrag soos vloekery op strande ontoelaatbaar is. Die burgemeesterskomiteelid vir ruimtelike beplanning en omgewing, Marian Nieuwoudt sê die regulasie word nog opgestel en is oop vir openbare insae. Sy sê die doel is om kusgebiede te beskerm en openbare toegang en gedrag op strande te bestuur. Nieuwoudt sê dit is nodig vir die metroraad om teen wangedrag op te tree.