SANPARKE het hierdie maand vir die eerste keer ooit 'n langtafel vir vroue in bewaring, toerisme en boerdery gehou. Omdat Augustus vrouemaand is het SANPARKE gevoel dit is 'n goeie tyd om in gesprek te tree met vroue oor kwessies wat hulle raak in die sektore. Baie mense hoor die stories oor renoster stropery gevalle in ons parke en op privaat renosters eienaars se persele. Maar wat is die impak op die mense wat die stryd moet voer teen stropers? Wat maal deur jou kop as jy weet jou geliefdes is in die bos besig om stropers te volg wat nie sal skroom om te skiet nie? Voel jy ooit weer veilig as jy agterkom stropers het jou doen en late vir maande dop gehou? Annemarie Swanepoel van die plaas Tala Manzi naby groot Marico in Noordwes, vertel haar storie ....