Die veteraan akteur Tobie Cronje is vereer vir sy lewenslange bydrae wat hy tot die Suid-Afrikaanse silwerdoek gelewer het. Rolprentmaker Katinka Heyns het die “legende”-toekenning by die Silwerskermfees in Kampsbaai aan hom oorhandig. Sy sê Cronje is 'n langerige, skralerige man met 'n langerige skralerige ken wat met toneelspel toor. In sy repliek het hy weer die draak gesteek met die manier waarop mense gewoonlik hierdie tipe toekennings ontvang. Cronje het vroeër vir Anna-Marie Jansen van Vuuren gesê wat hierdie toekenning juis vir hom so besonders maak.