Los verkleurmannetjies net daar waar jy hulle kry. Moenie hulle in jou huis invat en op die gordyn los om motte te vang nie. Dit is die waarskuwing van Trevor O"Donoghue, 'n ekoloog by die 10de Oppenheimer Navorsings Konferensie wat in Midrand gehou word. Die konferensie bring jaarliks omgewingskenners en wetenskaplikes van reg oor die wêreld byeen om oor omgewingskwessies te debateer en hulle navorsing bekend te stel. O'Donoghue sê daar is ook relatief min inligting bekend oor verkleurmannetjies omdat hulle so klein is.