Die adjunk-president, David Mabuza, besoek vandag die Noord-Kaap, waar boere op die randjie van die afgrond staan te midde van 'n voortslepende, verwoestende droogte. Hy het ook deelgeneem aan 'n vraag- en antwoord sessie met die relevante rolspelers.
Kort voor die sessie, het een van Gift of the Givers se droogtehulp koördineers in die provinsie, Hester Obermeyer, aan Marlinee Fouche gesê hulle is versigtig optimisties oor die besoek - veral omdat vorige droogtehulp van die regering, nooit by die boere uitgekom het nie.