Die voormalige adjunk skadu- minister van visserye, Pieter van Dalen sê dit is 'n gebrek aan politieke wil om die blatante perlemoenstropery te stop, wat lei tot die onbeheerste gestropery. Van Dalen het in sy persoonlike kapasiteit gesê die stroper-bendes maak nes hulle wil, terwyl die owerhede, staan en toekyk. Van Dalen sê dit is 'n kwessie van tyd voor 'n lid van die publiek in die spervuur beland, en sy of haar bloed sal op die hande van die president wees...