Verskeie bewaringsgroepe in die Wes-Kaap vra opnuut dat die regering en owerhede ingryp teen die meedoënlose stroop van Perlemoen. Dit volg op foto's van honderde stropers wat oop en bloot oor 'n strand in die Overberg-gebied loop NA 'n stroop-sessie, sonder om eers hulle gesigte weg te steek. 'n Lid van die Gemeenskap teen Perlemoenstropery, beter bekend as CAAP, Danie Keet, het aan Marlinee Fouche gesê dis 'n aanduiding dat die situasie verder hand-uit ruk...