Die MSC Orchestra, wat meer as 92 000 ton weeg en langer as 293 meter is sal hierdie maand vir die eerste keer in Suid-Afrikaanse water in vaar. Dit is ook die skip waarop die RSG kunstefees in April 2020 gaan plaasvind. Die bestuurshoof van MSC Suid-Afrika, Ross Volk sê nie net is die skip ingerig om 'n kunstefees op die water te hou nie - sy is ook ingerig om so min as moontlik impak op die omgewing te maak, terwyl sy in die oseaan vaar. Volk sê dit is baie belangrik om toerisme met bewaringspraktyke saam te smelt.