Inwoners van Van Wyksvlei in die Noord-Kaap is in 'n krisis gedompel weens 'n tekort aan water in die dorp. Van Wyksvlei is ook in die greep van droogte, maar weens swak infrastruktuur en 'n gebrek aan behoorlike dienslewering van die munisipaliteit het inwoners nie behoorlike toegang tot water nie. Spektrum het verneem dat daar boorgate is wat die dorp van water sou kon voorsien, maar weens 'n tekort aan politieke wil, loop inwoners se krane in hulle huise gereëld droog. Stefanus Tieties het vroeer die week 'n desperate noodkreet aan raadslede van die dorp gestuur.