Die ontwikkeling van 'n splinternuwe binnelandse hawe terminaal in Gauteng word vertraag deur die Gautengse departement van paaie en vervoer. Die departement weier glo al twee jaar lank om kommentaar te lewer oor die paaie infrstruktuur by die terminaal. Die sogenaamde Port of Gauteng sal 'n droee hawe wees vanwaar goedere binnelands en selfs op in Afrika versprei kan word. 'n Woordvoerder van NT55 Investments, Francois Nortje sê as die terminaal inwerking gestel word kan dit 'n manier wees om ingevoerde goedere vinniger en goedkoper aan verbruikers te bring.