Die Amerikaanse rolprentster, vervaardiger, regisseur en skrywer, Kirk Douglas is dood in die ouderdom van 103. Hy is beskou as die laaste van Hollywood se oorspronklike ikone, en was deel van die sogenaamde "Hollywood Tien". Die groep het gepoog om rasse-diskriminasie in Hollywood teen te werk. Die rolprent ressensent, Leon van Nierop, het aan Marlinee Fouche gesê dis byna onmoontlik om sy suksevolle loopbaan van minstens 6 dekades in 'n paar minute op te som.