Dit is nie net mense wat aan die kus bly, wat moet help om oseane te bewaar nie. Mense in die binneland moet ook hand by sit. Vandag is Internasionale Oseane Dag om bewusmaking te kweek oor die bewaring van seelewe. Die bemarkingsbestuurder van Corona , Yithi Zulu sê deur hulle "Clean Waves" ten toonstelling by die Mall of Africa, wil hulle hê die publiek moet besef dat wat jy in die binneland in die water gooi, uiteindelik in die oseaan opeindig.