Die toekoms van nege en sestig perde lyk aansienlik beter sedert hulle in besit van die dierebeskermingsvereniging, eerder as die weermag is. Die weermag-perde het in April vanjaar opslae gemaak met die haglike omstandighede waarin hulle op 'n weermagbasis in Potchefstroom verkeer het. Drie maande van onderhandelinge en kommunikasie het verbygegaan, maar Hanri Wondergem berig die perde is nou op 'n plaas in Gauteng. Sy het met die uitvoerende hoof van die nasionale raad vir dierebeskermingsverenigings, Marcelle Meredith,gepraat.