Betogers, van onder meer Boycott Divestment Sanction South Africa, of te wel BDS, het gister buite die Johannesburgse Dieretuin betoog. Hulle vra dat die dieretuin sy laaste oorlewende olifant, Lammie, na 'n wildreservaat moet verskuif. Lammie, wat byna vier dekades lank al in gevangenis leef, se enigste maat, Kinkel, is onlangs in die dieretuin dood. Dierebeskermings-verenigings vra nou dat die rouende olifant verskuif word, voordat sy agteruit begin gaan.