President Cyril Ramaphosa het 'n vyf punt plan aangekondig om die ekonomie in die land uit die resessie te lig waarin hy verkeer. Vyftig miljard rand sal ondermeer geher-prioritiseer word om werkskepping te bevorder. Ramaphosa het gesê Suid-Afrika kan nie spandeer wat hy nie het nie en niks meer kan geleen word nie. 'n 400 miljard rand infrastruktuur fonds sal ook op die been gebring word. Hy sê dit gaan uitsonderlike optrede en tyd neem om die ekonomie te versterk.