Die arbeidshof in Johannesburg het die skorsing van die juffrou van Laerskool Schweizer Reneke opgehef. Die hof het ook beslis dat sy môre al kan terugkeer werk toe. Elana Barkhuizen is deur die LUR vir onderwys in Noordwes geskors nadat 'n foto op sosiale media versprei is wat toon hoe swart en wit kinders in 'n klas geskei is. 'n Ouer van een van die kinders het die foto op sosiale media versprei en gesê dit is blatante rasisme. Die Noordwes departement van onderwys, het laat gistermiddag laat weet dat hulle nie die saak gaan teenstaan in die hof nie en sal berus by die besluit van die hof.
Dr Dirk Herman die uitvoerende hoof van Solidariteit, wat Barkhuizen in die hof verteenwoordig het, was saam met Barkhuizen in Spektrum se ateljee.