Voorvalle soos die ineenstorting van 'n loopvlak by Hoërskool Driehoek word gevolg deur skuldgevoelens, magteloosheid en geweldige pyn - so hoe beweeg mens aan? Marlinee Fouche het gaan kers opsteek by 'n kliniese sielkundige en dosent aan Noordwes Universiteit, Shanae Theunissen, asook die predikant van die NG Gemeente Collage in Vanderbijlpark, Phillip Potgieter. Hulle het aan haar gesê daar is geen skaamte daarin om te voel soos jy voel nie, en ook nie om te vra vir hulp nie...