Nog 'n onderwyseres bevind haar midde 'n sosiale media storm. Dit na fotos van haar by die skool op sosiale media versprei is. In die twiet sê die twitter gebruiker Lufuna Mathoni, aan die LUR vir onderwys in Gauteng, Lesufi Phanyaza dat sy departement dit moeilik maak vir kinders om skool deur te kom. Dit met die verwysing na die juffrou se kleredrag. Twitter gebruikers versprei dan die fotos verder met kommentaar vir of teen haar. Lulu Menziwa reageer later in 'n video en vra dat mense haar moet uitlos, wat haar dan verder blootstel aan beledigings en snedige opmerkings. Elda de Waal die Waarnemende direkteur van EDURIGHT by die departement van opvoedkunde by die Noodwes Universiteit se Potchefstroom kampus sê die klagte is nie op die regte platvorm bespreek nie. Sy sê verder is baie skoolkinders se gesigte in van die fotos sigbaar en dit is 'n gevaarlike speletjies wat twitter gebruikers speel.