289-DUISEND kinders onder die ouderdom van vyf sterf jaarliks weens diaree -verwante siektes. Dit is sowat 800 kinders per dag en as mens dit verder afbreek, een kind elke twee minute. 844-miljoen mense wereldwyd het nie toegang tot skoon lopende water nie. Dit is van die statistiek wat voorgelê is by die AfricaSan5 water, sanitasie en higiene konferensie in Kaapstad. Chilufya Chileshe, streeks bestuurder vir "WATERAID" in Suidelike Afrika sê water en sanitasie is nie 'n prioriteit vir meeste regerings nie, ook nie in Suid-Afrika nie