In 'n reddingspoging wat eerder klink soos 'n toneel uit die eerstydse Macgyver televisie reeks het 'n sjirurg en sy vrou 'n man se lewe gered. Die motorfietsryer was in 'n botsing betrokke. Dr Wimpie Odendaal 'n sjirurg by Netcare Blaauwberg en sy vrou dr Christa de Witt Odendaal van Intercare Blaauwberg was met vakansie in Port Elizabeth in Desember toe hulle op die ongelukstoneel afgekom het. Die Odendaal egpaar het aan Spektrum vertel hoe die man se toestand eweskielik versleg het en Dr Odendaal, op sy knieë in die middel van die straat 'n keuse moes maak tussen lewe en dood....