Die Minister van Omgewingsake het wetgewing, wat dit moontlik sal maak vir maatskappye soos Eskom en Sasol om dubbel die hoeveelheid swaelsuurgas in die atmosfeer te kan vrylaat, teruggetrek. Die verandering in die wetgewing is ingestel op die 31 Oktober 2018 sonder dat daar insae van die publiek oor die kwessie gekry is. Bobby Peak van Groundworx SA sê die minister het die wetgewing teruggetrek nadat die organisasie 'n saak in die hof aanhangig gemaak het.