Die Hooggeregshof in Pretoria het beslis dat die uitsluiting van huiswerkers in die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes ongrondwetlik is. Die Sosio-Ekonomiese Regsinstituut het 'n aansoek ingedien om die Departement van Arbeid te verplig om Artikel 1 van die wet te wysig om huiswerkers in te sluit. Die instituut wil ook hê doeltreffende meganismes moet in plek gestel word, om te verseker dat werkgewers aan die wet en ander relevante arbeidswetgewing voldoen.