Die land se eerste vroue vegvlieënier wat die naweek deelgeneem het aan die verbyvlug oor Loftus Versveld stadion tydens die president se inhuldiging, het mense se verbeelding op sosiale media aangegryp. Majoor Mandisa Mfeka het in die ouderdom van 15 jaar oud besluit dat sy 'n vegvlieënier wou word. Mfeka vertel dat sy en haar ouma langs die draad by die Virginia vliegveld gestaan en kyk het hoe vliegtuie vlieg omdat hulle nie geld gehad het om kaartjies te koop nie.