Die VN het Luitenant Kolonel Stefan King van 19 Eskader van Hoedspruit,benoem vir die Captain Mbaye Diagne medalje vir uitsonderlike dapperheid. Dit nadat King 'n groep vredesmag soldate in die Kongo uit 'n lokval wat deur rebellegroepe opgestel is, gered het met sy slim en flinke optrede met die Oryx helikopter waarin hy gevlieg het. Die toekenning is die hoogste eer wat 'n vredesmaglid kan ontvang. King sê hulle was besig met 'n roetine vlug om toerusting af te laai toe hulle gevra is om te help.