'n Negentienjarige leerling van die Hoërskool Forest High in Turffontein sal môre in die Johannesburgse Landdroshof verskyn op 'n klag van moord op 'n mede-leerling. Die verdagte het na bewering ook tydens die aanval twee ander kinders met dieselfde skerp voorwerp aangeval. Hulle is na mediese behandeling ontslaan. Die waarnemende navorsingsdirekteur aan die Noordwes-universiteit se Potchefstroomkampus, Professor Elda de Waal, sê sy is diep bekommerd oor die huidige stand van sake.